Olimpiese Spele. Welkom Volkskool is baie trots op Minè de Klerk wat gekies is om aan die 2024 Olimpiese Spele in Parys deel te neem.
Suid-Afrika se junior wêreldkampioen wat op so ‘n jong ouderdom Suid- Afrika gaan verteenwoordig op die hoogste vlak in sport is voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie. Dit is geen verrassing dat hierdie oud- Volkie die hoogste trap bereik het nie.
Haar harde werk en opoffering saam met die ondersteuning van haar ouers het is ‘n getuigskrif van die sukses wat sy reeds behaal het.
Prestasies wat Miné reeds behaal het:
- Twee keer O.20 Wêreld-kampioen
- Een keer Afrika-kampioenskappe Silwer medalje wenner
- Een keer Wêreld Kampioenskappe Silwer medalje wenner
- Een keer Wêreld O.20 Kampioenskappe Brons medalje wenner
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://welkomvolkskool.co.za/
Foto verskaf










