Boland o.18 Akademieweek. Vier rugbyspelers van Hoërskool Overberg, Caledon, James Badenhorst, Pieter du Toit, Morné Wessels en Lorenzo Kroutz verteenwoordig die Boland by die o.18 Akademieweek. Die Nasionale jeugweek het die spelers die geleentheid gegee om teen ander provinsiale spanne mee te ding. Die Bolandspan het vêr bo hul gewig geboks en teen spanne soos die WP en Bulle kragte gemeet. Die enigste span waar appels met appels vergelyk kon word was toe die Luiperds in ‘n begeesterde Boland span se pad wou staan.
Die vier spelers het deur en deur hul plek in die span regverdig deur konstant goeie spel te lewer.
- Pieter du Toit druk drie drieë Morne Wessels en Lorenzo Kroutz stap elk met een drie weg na die toernooi.
- James Badenhorst word as speler van die wedstryd teen die Bulle aangewys.
Die Boland-span word ook bestempel as die span wat die mees aanskoulikste rugby gespeel het tydens die week.
Uitslae:
Dag 1:
- Boland 45 (7) – WP 61 (40)
- Boland wys ongelooflike veggees na hul halftyd met 7-40 agter was.
Dag 2:
- Boland 31 (5) Bulle 51 (27)
Dag 3:
- Boland 43 (23) Luiperds 13
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








