Radikale Redenaars Provinsiale rondte – Ses leerders van Laerskool Stulting, Humansdorp, JC Vermaak, Lika Vermaak, Amé Spangenberg, Annemie Botes, Annanina Maritz en Kian Koekemoer het in Oos-Londen gaan deelneem.
Die kompetisie was baie sterk, maar Stulting se leerders het uitstekend gepraat en hulle goed van hul taak gekwyt.
Die uitslag van die Radikale Redenaars Provinsiale rondte van leerders wat deurgedring het na die Nasionale byeenkoms is as volg: Liviané van Niekerk, JC Vermaak, Saskia van Loggerenberg, Lika Vermaak en Amé Spangenberg.
Die Nasionale byeenkoms sal op 19 Oktober in Gauteng plaasvind.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrocksa.co.za
Foto voorsien
Become a Sponsor








