)

Hokkie Kaptein – Jander Cordier van Hoër Volkskool Potchefstroom

Hokkie Kaptein. In ons gewilde reeks oor sportkapteins, gesels Schools That Rock vandag met Hoër Volkskool Potchefstroom se kaptein van die 1ste seuns hokkiespan, Jander Cordier. Jander behaal die veertiende doel in ons reeks oor seuns Hokkie Kapteins van hoërskole in Suid-Afrika en Namibië.

“My kennismaking met hokkie het begin toe ek in Graad 4 was. Ons laerskool het daardie jaar eers begin met hokkie. Ek was een van die eerstes wat my naam opgeskryf het. Ek het eintlik begin speel as gevolg van ‘n rugbybesering. In die rugbyspan het ek net gevoel soos ‘n span-volmaker en toe ek agterkom ek is goed in hokkie, toe weet ek dat ek op die regte plek is.

My gunsteling Professionele hokkiespeler is Jeroen Hertzberger. Hy speel vir my gunsteling Nasionale span, Nederland. Ek beskou hom as een van die beste goal scorers in die wêreld.

Die posisie wat ek op die oomblik speel is ‘n kruising tussen defender en link, genoem CDM, maar ek het al oral gespeel, behalwe goalie.

Eerste keer Hokkie Kaptein

Ek is die eerste keer as Hokkie Kaptein gekies vir die o.16 span. Tot en met daardie tyd was die beste speler in die span as kaptein gekies. Ek dink op daardie ouderdom het die spelers besef hulle kort ‘n leier en nie ‘n speler, as kaptein.

Ek beskou die grootste taak van die Hokkie Kaptein om die spelers in die regte kopspasie te hou. Dit help nie jy het ‘n great span, maar niemand hou van mekaar of het aggressie-probleme nie.

Volgens my is die bekwaamhede/ kwaliteite waaroor ‘n goeie hokkiespeler moet beskik, uithouvermoë, lojaliteit en die bereidwilligheid om te leer.

Wat my inspireer elke keer wanneer ek op die hokkieveld stap vir ‘n wedstryd, is defintief my gesin. My ouers het al so baie tyd en moeite ingesit om my te ondersteun in my hokkie, dat ek voel ek moet dit opmaak vir hulle.

Lekkerste en slegste wedstryd

My lekkerste hokkie wedstryd van my loopbaan was in 2023 teen Hoërskool Rustenburg. Ons het wel met 0-1 verloor, maar die span het net gespeel soos hulle moet en dinge het net gewerk.  Ons het vroeër die seisoen 0-6 teen dieselfde span verloor. ‘n  Wedstryd wat ek net wil vergeet, was in 2022. Ons het in Stellenbosch gaan toer saam met die Noord Wes-span. Ons het daar teen KZN Coastals 0-18 verloor…

Ek dink nie ek ervaar meer druk tydens ‘n wedstryd nie, maar as ek voor ‘n wedstryd stres of druk ervaar, luister ek na musiek.

As Hokkie Kaptein motiveer ek my span deur hulle aan te moedig en met positiwieteit. As hulle egter die heeltyd van hul kaptein moet hoor wat hulle verkeerd gedoen het, sal hulle geen respek hê vir my nie.

My top vyf prioriteite in die lewe:

  • Om alles tot eer van die Here te doen
  • My eie geluk
  • Ander se geluk
  • Om ‘n verskil te maak
  • Om getrou aan myself te bly, wie ek is en waarvoor ek staan.
Beginners in hokkie

My raad aan beginners is om eerstens die basics van hokkie reg te kry. Ek sien so baie hoërskool seuns wat nog nie eers ‘n jard stick kan doen nie. As jy die basics regkry, kom die res vanself.

Ek wil definitief met hokkie voortgaan na skool. Ek gaan nie volgende jaar swot nie, maar ek beplan on klubhokkie te speel.

Buiten hokkie het ek ook ander belangstellings. Ek’s ‘n sucker vir musiek en ek speel graag kitaar, maar ek kry die laaste ruk nie veel tyd nie. Dit dis iets wat ek meer moet oefen.

Ek dink my afrigter en spanmaats beskou my as ‘n baie geduldige mens. Ek hou ook nie veel van beplanning nie, ek like dit om te gaan waar die lewe my vat.

Die hokkie-persoon nie wie ek opkyk as my rolmodel, is my coach, mnr Le Roux. Sy vermoë om die goeie in ‘n slegte situasie te sien en altyd humor in elke probleem te vind, motiveer my.

Ek sal baie graag wil koffie geniet saam met Mustafa Casiem. Dit moet ‘n groot eer wees om saam met ‘n Suid-Afrikaanse hokkiespeler koffie te drink.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://volkiespotch.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal