)

Junior ATKV Debatspan – Hoërskool Nelspruit wen semi-finaal

Junior ATKV Debatspan. Hoërskool Nelspruit se Junior ATKV debatspan het tydens die afgelope naweek se Noordwes-Vrystaat-Limpopo-Mpumalanga semifinaal as die wenners van die rondte uit die stryd getree.
Alissa van Niekerk, Marné Pretorius en Ude van Veenhuyzen, Graad 9 leerders, het as teenstanders teen Hoërskool Rustenburg geargumenteer dat skoolsport nie afgeskaf behoort te word nie. Met die oorwinning dring hulle deur na die ATKV se Debatsfinaal wat op 15 Augustus by ATKV-Klein-Kariba gehou word.
Nog twee junior Nellie-spanne het ook onder die top 10 van die semifinaal geëindig. Ruan Kruger, Simoné Myburgh, albei in graad 8, en Ian Macdonald in graad 9 het in die sesde plek op die top 10 gelê, met die meisiespan, Ruby Coetzee (graad agt), Anika van Staden (graad 9) en Shayna Lea (graad agt) in die sewende plek.
Die twee senior spanne het ook onder die top 10 geëindig. Zoe Coetzee (graad 11) en Brenton Eastes (graad 12) het net-net uitgeval in die vyfde plek. Kirsten Lea en Nina Prinsloo, albei in graad 11, het hul debat teen C&N Sekondêre Meisieskool Oranje gewen. Advokaat Maritza Uys is die afrigter van al hierdie spanne.
Foto verskaf
Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal