)

Hokkie Kaptein – Ontmoet Jani Swart van Hoër Volkskool Potch

Hokkie Kaptein. In ons gewilde reeks oor sportkapteins, gesels Schools That Rock vandag met Hoër Volkskool Potchefstroom se kaptein van die 1ste dogters hokkiespan, Jani Swart. Jani behaal die vyftiende doel in ons reeks oor dogters Hokkie Kapteins van hoërskole in Suid-Afrika en Namibië.

“Ek het al van Graad 1 af besluit om hokkie as ‘n sport aan te pak. Ek hou van hokkie, want die veld is groot en oop en nie soos netbal waar almal in mekaar se ruimte speel nie. In die hoërskool moes ek kies tussen hokkie en netbal. Dit was nie vir my ‘n maklike keuse nie. Op die ou end het ek op hokkie besluit omdat dit my sterker punt is.

Jibbi Jansen

My gunsteling hokkiespeler is Jibbi Jansen. Sy speel al vir langer as ses jaar vir Nederland se Nasionale span. Sy speel regs- of linker ‘back’. Ek speel tans middel ‘link’ vir ons span. Ek het ook al die ander posisies gespeel, behalwe ‘goalie.’ Ek het dit nog nie probeer nie.

Die eerste keer wat ek as Hokkie Kaptein gekies was, was vir ons klein plattelandse laerskool se eerstespan in Schweizer-Reneke. Ek het egter nooit verwag om kaptein by die “groot skool” te word nie. Aan die begin van hierdie jaar, voordat ons op toer gegaan het, is ek tot kaptein vir die 1ste Hokkiespan van Hoër Volkskool Potchefstroom  verkies. Ek beskou die grootste taak wat die Hokkie Kaptein moet aanpak, is om die span te lei wanneer hulle onseker is op die veld oor wat om te doen en waar om te wees. Nog ‘n belangrike taak is om die spanlede te motiveer by oefeninge en voor wedstryde. Sodoende maak jy seker hulle verloor nooit hulle liefde vir hulle sport nie.

Ek beskou ‘n goeie hokkiespeler as iemand met uithouvermoë, passie vir die sport, selfvertroue en vertroue in jou spanmaats.

Inspirasie

Deur die afgelope jare het ek baie motivering en inspirasie van my ma af gekry.  Sy kom kyk altyd wanneer ek wedstryde speel. Ek word ook natuurlik gemotiveer deur my afrigters en ons as span motiveer mekaar voor ‘n wedstryd.

My lekkerste wedstryd was ons wedstryd aan die begin van die jaar teen Hoërskool Zwartkop. Al het ons daardie wedstryd verloor, was dit die lekkerste wedstryd wat ek al ooit gespeel het, omdat die meisies soveel respek vir ons gehad het. Deesdae is die meeste spanne teen wie ons speel, ongeskik en stamp jou onnodig om jou te probeer kwaad maak.

Daar is nie ‘n spesifieke wedstryd waarna ek kan verwys as my slegste wedstryd nie, maar as ek moet kies sou ek sê die wedstryd teen Curro hierdie jaar. Daardie meisies het glad nie goeie sportmanskap getoon teenoor ons nie. Die skeidsregter wat vir ons geblaas het, was toevallig een van die mense wat niks van ons span gehou het nie…Uit sulke wedstryde leer ek om nie toe te laat dat ander mense my liefde vir iets wegneem nie. Ek besef ook hoe belangrik dit is om altyd gaaf te wees teenoor ander, want ek weet hoe dit voel as mense jou afbreek.

Ek ervaar deesdae, as Hokkie Kaptein, nie baie druk van enige kant af nie. Toe ek my eerste jaar eerstespan gespeel het, was dit seker die meeste druk wat ek al ervaar het omdat dit gevoel het of die ouer spanmaats in my span op my staat gemaak het om op hulle vlak te kan speel. Wanneer ek druk ervaar, is dit vir my ‘n goeie ding, want dit laat my adrenalienvlakke styg.

Motivering

Ek motiveer my span deur, tydens wedstryde, die heeltyd met hulle te praat en aan te moedig as hulle iets goed doen. Wanneer hulle foute maak, sal ek nooit op hulle afgaan nie, want ek maak self ook foute.

My top vyf prioriteite in die lewe is om ‘n goeie verhouding met die Here te behou, akademie, vriende en familie, my hokkiespan, en om fiks te bly.

My raad aan beginners in hokkie, is dat hulle nie van agter af moet probeer ‘tackle’ as iemand ‘n ‘shot’ wil vat nie.

Ek wil baie graag voortgaan om hokkie te speel na skool. Ek wil baie graag vir ‘n universiteit hokkie speel, andersins net vir ‘n koshuis. Verder werk ek ook daarvoor om in die JHL-toernooi eendag te gaan speel.

Ek het ook ander belangstellings buiten hokkie. Ek hou baie van die plaaslewe en om te gaan motorfiets ry. Dan is ek ook nogal die een wat graag na vertonings gaan kyk.

Moontlik sal my span sal my moontlik beskryf as ‘n goeie leier met ‘n positiewe houding.

My rolmodel in hokkie, na wie ek opsien, is my ouer sussie, Mardi Swart. As dit nie vir haar was nie, sou ek nooit ‘n liefde vir hokkie ontwikkel het nie.

Indien ek ‘n kans gegun word om ‘n koppie koffie te geniet saam met ‘n professionele hokkiespeler, sal dit Jibi Jansen wees.”

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal