Nautilus Wiskunde. Twee leerders van Hoërskool Jim Fouché, Lineé Lubbe en Natasha de Waal, het aan die tweede Nautilus Wiskunde kamp van die jaar deelgeneem. Die kamp is aangebied vir Graad 8 tot 12 leerders. Albei leerders het eerste geëindig by die kamp.
Nautilus is ‘n nie-winsgewende organisasie in Bloemfontein wat hom beywer vir die bevordering van Wiskunde. Tans behels hul hoofaktiwiteit kwartaallikse kampe waar leerders van Graad 4 tot Graad 12 blootgestel word aan en onderrig word in Olimpiade-vlak Wiskunde. Die leerders neem ook aan olimpiades by dié kampe deel.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








