)

NWU Hokkie prestige reeksfinale – Hoërskool Rustenburg

NWU Hokkie prestige reeksfinale. Tydens die NWU Hokkie prestige-reeksfinale speel die Rusties se eerste seunshokkiespan teen Potch Gimmies vir posisie 1 en 2. Die Rusties het Potch Gimmies aangevat in ‘n hoë tempo wedstryd. Die Rusties was onder baie druk geplaas deur Potch Gimmies se vinnige, vaardige voorspelers.

Tóg teken Rustie-speler, Wian Bester, die eerste doel aan tydens die Rusties se eerste korthoekie. Daarna teken Sebastian Meyer ‘n tweede doel aan. Hy doen ‘n duikslag “reverse paddle” agter ‘n bal wat verby ‘n duikende doelwagter gaan.

Die Rusties het beslis hulle geleenthede gebruik. Die 2 doele het die opponente se momentum gebreek. Rusties het die druk weerstaan en teen die einde van die wedstryd uitgetree as die NWU Hokkie prestige-reeksfinale wenners vir ‘n tweede jaar in ‘n ry!

Hoërskool Rustenburg is baie trots op hierdie manne en hul afrigters. “Julle het besonderse veggees gewys.”

Rusties spog óók met hul o. 16A-seuns hokkiespan wat tydens die NWU prestige-reeks teen Hoërskool Montana uitgespeel het vir posisie 3 en 4. Die wedstryd was taai maar die seuns het nooit opgehou speel nie. Aan die einde van die wedstryd was die telling 1-0 vir Hoërskool Montana. Rusties se o.16A-seuns hokkiespan eindig dus 4de in die NWU prestige-reeks.

“Ons is ongelooflik trots op die manne en hul Rustie-karakter. Ons sien uit vir julle ligawedstryde.”

Rustie-seunshokkie is beslis een van die bestes in die Noord-wes Provinsie.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://hsrtb.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal