SA Muscle and Beauty. Almarie Maritz, Graad 10 leerder van Hoërskool De Aar, het die afgelope naweek uitstekend gevaar tydens die WFF SA Muscle and Beauty Showdown in Port Edward, KwaZulu Natal.
Almarie het aan verskeie afdelings deelgeneem en die uitslae is soos volg:
- Latino Figure (tweede plek – Silwer)
- Bikini Model Open (Eerste plek – Goud)
- Ms. Glamour (Tweede Plek – Silwer).
Almarie is ook gekies om in hierdie drie afdelings WFF KZN later vanjaar in Johannesburg te verteenwoordig.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf