)

Superliga swemkompetisie – Hoërskool Swartland

Superliga swemkompetisie. Hoërskool Swartland, Malmesbury, het hierdie jaar ingeskryf vir die A-afdeling van die Superliga swemkompetisie.

Die skool het meegeding teen die sterkste skole in die Boland, onder andere skole uit Wellington, Paarl en Stellenbosch. Daar was vier liga-galas. Die vyf beste spanne van die Boland (Wynland/Weskus) het gekwalifiseer om teen die vyf beste skole uit die WP te swem. Die superliga-gala tussen Boland en WP is gehou op Donderdag, 7 Maart, by Rhenish Hoërskool in Stellenbosch se swembad.

Vyf van Swartland se 6 ouderdomsgroepe, seuns en dogters, het gekwalifiseer om aan hierdie gala deel te neem. Dit is die o/14 seuns, o/16 seuns en dogters en o/18 seuns en dogters. Hoërskool Swartland was ook die enigste skool van die Weskus wat gekwalifiseer het vir die Superligagala.

Elke skool was geregtig om drie swemmers per item in te skryf. Dit het die kompetisie soveel sterker gemaak.

Top 10 skole:

  • o/14 seuns: eindig 7de
  • o/16 dogters: eindig 10de
  • o/16 seuns: eindig 8de
  • o/18 dogters: eindig 8ste
  • o/18 seuns: eindig 6de

Bolandskole:

  • o/14 seuns en o/18 seuns eindig 3de van die Bolandskole

Die volgende uitstekende individuele uitslae behaal:

  • Arden Kotze (seuns o/14) eindig 7de in die 50m Vlinderslag (31,92) en 4de in die 50m borsslag (36,65).
  • Aiden Foot (seuns o/18) eindig 3de in die 50m Rugslag (28,34) en 7de in die 50m Vryslag (25,59).
  • Thomas Orchard, (seuns o/18), kom 8ste in die 50m Rugslag (29,33) en 8ste in die 50m Vryslag (25,73).
  • Swartland se o/18 seuns aflosse, Wisselslag- en Vryslagaflos, behaal twee 6de plekke. Elke individuele item het gemiddeld 25 – 30 deelnemers gehad.

Hoërskool Swartland het waarlik hulle staal gewys en uitstekend presteer teen die top swemmers uit die Wes-Kaap.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://swartlandhs.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal