)

Matriekuitslae 2023 – Hoërskool Witteberg Pronk met 100% slaagsyfer

Matriekuitslae 2023. Met die matriekuitslae 2023 agter die rug, het die matriekklas van 2023 by Hoërskool Witteberg, Bethlehem, hul stempel afgedruk met ʼn indrukwekkende vertoning in die nasionale matriekeksamen. Die skool is trots om aan te kondig dat al 124 matrieks suksesvol die Nasionale Senior Sertifikaateksamen geslaag het, weer met ʼn 100% slaagsyfer. Die Departement van Onderwys het hierdie prestasie erken deur Hoërskool Witteberg te vereer met ʼn toekenning vir uitnemendheid.

Van die 124 matrieks het 110 gekwalifiseer vir universiteitstoelating. Dit is ʼn indrukwekkende 88.70%. Hierdie prestasie getuig van die hoë standaard van Hoërskool Witteberg se onderrig en voorbereiding van leerders vir verdere studies. ‘n Totaal van 99.19% van die klas het toelating tot graad- en diplomastudies.

Die matrieks het ‘n indrukwekkende totaal van 193 onderskeidings behaal, wat die skool se strewe na akademiese uitnemendheid bevestig.

Hoërskool Witteberg het twee leerders, Hanno van der Merwe en Panashe Gomo, onder die Top 50 in die Vrystaat. Gomo is ook as een van die Top 10 beste Fisiese Wetenskappe leerders in die provinsie aangewys.

Individuele prestasies

Die erkenning van individuele prestasies is nie beperk nie. Ses leerders kan trots wees met sewe onderskeidings elk. Vyf leerders spog met ses onderskeidings elk, ses leerders met vyf onderskeidings elk.  Vyf leerders het vier onderskeidings elk en ses leerders behaal drie onderskeidings elk.

Hanno van der Merwe, Hoofseun van 2023, verdien spesiale erkenning vir sy uitstaande prestasies met ‘n indrukwekkende gemiddeld van 90.57%.

Na ’n verandering van die Departement van Onderwys se kriteria, bevind verskeie skole in die streek hulself sonder die vertroude roem van Top Wiskunde en Fisiese Wetenskappe toekennings. Ten spyte van dié verandering is Hoërskool Witteberg steeds een van die skole wat met ʼn 100%-slaagsyfer in beide kan spog!

Wiskunde

Die Wiskunde-afdeling het ’n besondere prestasie gelewer met 16 onderskeidings en ’n vakgemiddeld van 69.05%. Fisiese Wetenskappe het ook nie agtergebly nie, met 14 onderskeidings en ’n gemiddeld van 70.27%. Dit bevestig die deeglike voorbereiding en toewyding van die leerders en opvoeders. Hoërskool Witteberg se voortgesette strewe na uitnemendheid in hierdie sleutelvakke demonstreer die skool se vasberadenheid om leerders toegerus te laat vertrek vir uitdagende studierigtings en beroepe in die wetenskaplike veld.

Die skool se indrukwekkende vertoning in die 2023 matriekuitslae bevestig dat Hoërskool Witteberg nie net ‘n “skool” is nie, maar ‘n instelling wat leiers in akademie, sowel as die samelewing, vorm.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://witteberghs.co.za

Foto’s verskaf
Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal