)

Kameraderie Toekenning – HTS Middelburg

Kameraderie Toekenning. Die ontvanger die Hoër Tegniese Skool Middelburg in Mpumalanga se Kameraderie toekenning gaan vanjaar aan Morné Botha.

“Morné is ʼn spesiale mens, ʼn vertroueling, ʼn steunpilaar en ʼn kosbare kameraad! Hy het die grootste geskenk aan die skool gegee: ʼn stukkie van sy menswees. Sy voorbeeld spreek selfs harder as sy woorde, want hy leef wat hy sê, en hy sê wat hy glo. Sy optrede getuig altyd van respek teenoor ander, opregte belangstelling en nederige wellewendheid. Hy was vir baie, leerder én leerkrag, ʼn skouer om op te steun.

Leerder van die Jaar

Morné Botha: Morné is ʼn waardige ontvanger van hierdie besondere toekenning van HTS Middelburg. Dit is die hoogste toekenning wat aan ʼn Graad 12 leerder gemaak word.

Om vir die toekenning “Leerder van die Jaar” te kwalifiseer, moet ʼn leerder aan streng vereistes voldoen. Hy of sy word gemeet aan kriteria waar emosies geen rol speel nie, slegs feitelike prestasies op verskillende vlakke van die skoolgemeenskap. Morné het hierdie kriteria ver oorskry.

Vasbyt Trofee

Sivu Mbuli: Sivu het as ‘n onseker graad 8 leerder by HTS Middelburg ingestap. Hy kon nie ʼn enkel sin Afrikaans praat nie. ʼn Paar maande later het hy aan die skool se spreekkoor deelgeneem. Dit was wel met lippetaal en nie woorde nie, maar hy was daar – op sy pos en gedrewe om deel te neem.

Hy het gedurende graad 8 in die middae by mev. Van der Merwe gesit om hom te leer Engels praat. Hy het telkemale sy stelwerk of huiswerk na iemand in die Afrikaans Departement geneem om hulp te vra. Hy het nooit geskroom om hard te werk nie en het ʼn wil om sukses te bereik geopenbaar.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://htsmiddelburg.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal