TUT Ingenieurskompetisie. Hoërskool Oos-Moot, Pretoria, se leerders neem elke jaar aan die TUT – Fakulteit Ingenieurswese en Bou-omgewingsfakulteit se kompetisies deel.
Die Oosie-spanne het op 1 September aan die volgende kategorieë by due TUT Ingenieurskompetisie deelgeneem waar hulle goed presteer het.
- Geomatika: Emma Webb – 1ste plek
- Elektriese ingenieurswese: Brendo van Zyl, Mignon Fourie en Cameron Stroebel – 1ste plek
- Industriële ontwerp: Franco Maree, Zak Brink en Henk Koelman – 2de plek
- Polimeertegnologie: Abigail de Neysschen, Jeane Mc Donald en Leneigh von Gruning – 2de plek
- Bouwetenskap: Mieke Basson, Madelize le Roux en Esma Malan – 2de plek
- Metallurgie: Lunette Calitz, Katelin Oosthuizen en Corlene Coetsee – 2de plek
- Siviele ingenieurswese: Brendo van Zyl; Emma Webb en Mignon Fourie – 2de plek
- Meganiese ingenieurswese: Arno Joubert en Dihan Stipp – 4de plek
- Argitektuur: Lunette Calitz, Katelin Oosthuizen en Corlene Coetsee – 4de plek




Meer skolenuus: https://https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








