Fichie Krieket. Hoërskool Fichardtpark se 1ste krieketspan het as oorwinnaars van die veld gestap in hul wedstryd teen Grey Kollege se O.17A span.
Die skool bedank hul kriekethoof en hoofafrigter, mnr André-Pierre Burger, en ook sy twee mede-afrigters, Neil van der Merwe en Armand Reyneke, vir al die lang ure wat langs die krieketveld vir Fichie krieket ingesit word.
Grey Kollege O.17A wen die loot en besluit om eerste te kolf. Hulle word beperk tot 130/7 in 20 beurte.
Fichardtpark se beste boulers:
- Davyd Oosthuizen neem 4 paaltjies vir slegs 16 lopies in vier beurte
- Ulrich Campher neem 1 paaltjie vir 19 lopies in vier beurte.
- Michael Cruywagen neem 1 paaltjie vir 19 lopies in vier beurte.
Fichardtpark se beste kolwers:
- Eben Botha 69 n.u.n van 43 balle
- Willie Volschenk 53 n.u.n van 50 balle
Fichies bereik die teiken in 15.2 beurte, sonder om een paaltjie af te staan en wen dus met 10 paaltjies!
Meer skolesport: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








