)

Debat – Vier EHS debatspanne dring deur na Con Spirito Semfinaal

Debat – Sewe debat spanne van Hoërskool Ermelo (2 Junior- en 5 Seniorspanne) het aan die jaarlikse Con Spirito-debatkompetisie uitdunne deelgeneem.

Die provinsiale uitdunne het plaasgevind op Vrydag en Saterdag 29-30 Julie by die Hoërskool Linden in Johannesburg. Erries het hulle egter goed van hul taak gekwyt.

Die aantal uitslae van die kompetisie was as volg:

  • Hoërskool Merensky word gewen deur EHS Junior 3
  • EHS Junior 2 val ongelukkig vas teen Hoërskool Nelspruit.

By die seniors is vier van die vyf Debat spanne in Hoërskool Ermelo se guns beklink.

  • Helpmekaar Kollege Senior 1 word gewen deur EHS Senior 1
  • Hoërskool Garsfontein Senior word gewen deur EHS Senior 7
  • Witteberg 1 word gelop deur EHS Senior 3
  • Hoërskool Oos-Moot Senior 5 word gewen deur EHS Senior 4.
  • EHS Senior 11 Debat span buig ongelukkig die knie teen Oos-Moot Senior 1. 

Die spanne wat deurdring na die semifinaal word aangewys op grond van punte.

In dié Debat kompetisie is dit dus enersyds moontlik dat ‘n span ‘n Debat kan wen. Hulle kan steeds nie deurdring  indien hulle punt nie hoog genoeg is nie. ‘n Debat span wat verloor, kan andersyds deurdring mits hul punt hoog genoeg is.

Hoërskool Ermelo is dankbaar om vanjaar vier Debat spanne te hê wat die Erries by die semifinaal gaan verteenwoordig. Hulle is:

  • Johan Strauss en Isabella Burgers
  • Zané du Plessis en Mienke Cloete
  • Marice de Jager en Isabelle Moussier
  • Bea Niemand en JF Möller.

Hartlik geluk aan hierdie Debatteerders. Ons sien met groot verwagting uit na waarmee die bekkiges vorendag gaan kom op 28-29 September!

Foto links: Marice de Jager en Isabelle Moussier en Foto regs: Mienke Cloete en Zané du Plessis

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Foto’s voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal