Atletiek SA. Die mees onlangse statistiek van Atletiek SA is bekend gemaak. Volgens Atletiek SA is drie leerders van Hoërskool Ermelo deel van die top tien atlete in Suid-Afrika, in hul verskeie items.
- Luan Greyling, graad 8-leerder van EHS, is sewende in die 400m vir seuns o.14 met ’n tyd van 0:55:83.
- Kryn Romijn, graad 9-leerder van EHS, is vyfde in Suid-Afrika met sy 400m-item vir seuns o.15. Sy beste tyd vir dié item is 0:50:72.
- Tyrone Berning, graad 10-Errie, spog met ’n eerste plek in Suid-Afrika in die item 400m-hekkies vir seuns o.16 met ’n tyd van 0:52:35, asook ‘n derde plek in hoogspring seuns o.16 met ‘n hoogte van 1,98m. Hy is ook agtste in die 400m item vir seuns o.16 met ‘n tyd van 0:50:95.
- Mia Davel, graad 10-leerder van EHS, behaal ‘n derde plek in Suid-Afrika in hoogspring vir dogters o.16. Haar spring-hoogte is 1,65m.
- Mia Steenkamp is in graad 11 in Hoërskool Ermelo en is in die tiende plek vir die item 400m-hekkies, dogters o.17 met ‘n tyd van 1:05:19.
- Elizma Swart wat in graad 9 is by EHS, is sewende in SA vir gewigstoot, dogters o.15 met ‘n afstand van 13.36m.
Hierdie statistiek van Atletiek SA word bepaal deur die leerders se tye deur die loop van die jaar. Dit is ’n besondere groot prestasie om hierdie plekke onder al die atlete in Suid-Afrika te bereik!
Baie geluk aan Luan, Kryn en Tyrone. Dit is ‘n welverdiende prestasie!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf