)

Atletiek SA – Drie Erries deel van Top Tien in Suid-Afrika

Atletiek SA. Die mees onlangse statistiek van Atletiek SA is bekend gemaak. Volgens Atletiek SA is drie leerders van Hoërskool Ermelo deel van die top tien atlete in Suid-Afrika, in hul verskeie items. 

  • Luan Greyling, graad 8-leerder van EHS, is sewende in die 400m vir seuns o.14 met ’n tyd van 0:55:83.
  • Kryn Romijn, graad 9-leerder van EHS, is vyfde in Suid-Afrika met sy 400m-item vir seuns o.15. Sy beste tyd vir dié item is 0:50:72.
  • Tyrone Berning, graad 10-Errie, spog met ’n eerste plek in Suid-Afrika in die item 400m-hekkies vir seuns o.16 met ’n tyd van 0:52:35, asook ‘n derde plek in hoogspring seuns o.16 met ‘n hoogte van 1,98m. Hy is ook agtste in die 400m item vir seuns o.16 met ‘n tyd van 0:50:95.
  • Mia Davel, graad 10-leerder van EHS, behaal ‘n derde plek in Suid-Afrika in hoogspring vir dogters o.16. Haar spring-hoogte is 1,65m.
  • Mia Steenkamp is in graad 11 in Hoërskool Ermelo en is in die tiende plek vir die item 400m-hekkies, dogters o.17 met ‘n tyd van 1:05:19.
  • Elizma Swart wat in graad 9 is by EHS, is sewende in SA vir gewigstoot, dogters o.15 met ‘n afstand van 13.36m.

Hierdie statistiek van Atletiek SA word bepaal deur die leerders se tye deur die loop van die jaar. Dit is ’n besondere groot prestasie om hierdie plekke onder al die atlete in Suid-Afrika te bereik!

Baie geluk aan Luan, Kryn en Tyrone. Dit is ‘n welverdiende prestasie! 

Vlnr: Mia Steenkamp, Mia Davel en Elizma Swart

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal