Con Spirito Semi-finaal. Sewe debatspanne van Hoërskool Ermelo het 29 en 30 Julie, aan debat-uitdunne deelgeneem. Twee junior- en vyf seniorspanne het aan die provinsiale uitdunne van die jaarlikse Con Spirito-debatkompetisie deelgeneem. Die kompetisie het te Hoërskool Linden, Johannesburg, plaasgevind.
Die uitslae is as volg:
- 1. EHS Junior 3 wen Hoërskool Merensky.
- 2. EHS Junior 2 val egter ongelukkig vas teen Hoërskool Nelspruit.
- 3. By die seniors is vier van die vyf debatte in Hoërskool Ermelo se guns beklink.
- 4. EHS Senior 1 wen Helpmekaar Kollege Senior 1
- 5. EHS Senior 7 wen Hoërskool Garsfontein Senior 5
- 6. EHS Senior 3 klop Hoëskool Witteberg 1
- 7. EHS Senior 4 wen Hoërskool Oos-Moot Senior 5.
- 8. EHS Senior 11 buig ongelukkig die knie teen Oos-Moot Senior 1.
Die spanne wat deurdring na die Con Spirito semi-finaal word aangewys op grond van punte. In dié kompetisie is dit dus enersyds moontlik dat ‘n span ‘n debat kan wen, maar steeds nie deurdring indien hul punt nie hoog genoeg is nie. ‘n Span wat verloor, andersyds kan deurdring mits hul punt hoog genoeg is.
Hoërskool Ermelo is dankbaar om vanjaar vier spanne te hê wat die Erries by die Con Spirito semi-finaal gaan verteenwoordig:
- Johan Strauss en Isabella Burgers
- Zané du Plessis en Mienke Cloete
- Marice de Jager en Isabelle Moussier
- Bea Niemand en JF Möller.
Hartlik geluk aan hierdie debatteerders. Erries sien met groot verwagting uit na waarmee die bekkiges vorendag gaan kom op 28- en 29 September!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf