Junior Landbouvereniging. Augsburg Landbougimnasium se Junior Landbouvereniging is hard besig om geleenthede en projekte te beplan. Dit word gedoen om landbou in die skool te bevorder.
Om dit te kan doen, moet mens egter basiese vergaderingprosedure verstaan. Mark Botha het as gasspreker opgetree en die leerders bietjie opgelei in vergaderingsprosedures. Hy het hulle ook geleer oor die bestuur van ‘n gemeenskapskomitee.
Mnr Botha verteenwoordig Agri Wes-Kaap en is ook ‘n trotse oudleerder van Augsburg.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf