)

Kaapjag – Hoërskool Robertson leerder presteer

Kaapjag – Ivan Matthyser van Hoërskool Robertson het deelgeneem aan die Kaapjag. Die jaarlikse Kaapjag Intertak Spanskietkompetisie het die afgelope naweek te Velddrif plaasgevind.

Spanne van ses verskillende takke van regoor die Wes-Kaap het aan hierdie kompetisie deelgeneem. Ongeveer 100 skuts het in uitdagende omstandighede (wind en hitte) meegeding om die gesogte trofee.

Skuts het uit verskillende posisies (staande, sittend en lêend) na staal gongs geskiet. Die gongs wat so groot is soos pierings, is vanaf afstande van 140 tot 360 meter, geskiet.

Ivan Matthyser het as junior deelgeneem, maar was ook lid van die Wynland-tak se senior A-span. Ivan is as beste junior skut beloon met ‘n goue medalje vir sy eerste plek.

Toe hulle aan die einde van die toernooi as die wenspan wegstap, het Ivan ‘n verdere goue medalje ontvang, as lid van die Wynland-tak.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://hoerskoolrobertson.co.za/

Foto voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal