)

Ruiterkuns – Narike Hoft presteer uitstekend!

Ruiterkuns – Narike Hoft is ‘n Graad 12 leerder van Hoërskool Upington. Sy het aan die “World’s Open Air Saddlebred Championships” in Bloemfontein deelgeneem.

Narike het in die 5 Gang Ruiterkuns deelgeneem. Sy het met Wim van Bergen se nuweling, Double Dose deelgeneem. Double Dose het sy nog net eenmaal vantevore gery.

In die Junior 5 Gang Ryperd Ruiterkuns Kampioenskap kwalifiseer sy met ‘n goeie plasing. Hulle het op die finale dag in ‘n opwindende klas, algeheel agtste geeïndig in die land.

Met haar 3 Gang perd, Fever Pitch, het sy aan die Kampioen van Kampioene Ruiterkuns deelgeneem. Met die klas aangebied in nat weer, sonder die standaard prosedure, het hulle nie vir die finaal gekwalifiseer nie. In die o/18 3 Gang Ruiterkuns klas moes hulle ten spyte van ‘n uitstekende vertoning, die baan verlaat nadat hy ‘n yster verloor het.

Sy word afgerig deur Martin Pienaar van Dream Acres Equestrian Centre in Bloemfontein.

Haar volgende deelname sal as lid van die Junior Protea 3 Gang Ruiterkuns Span wees. Dit word aangebied in Kentucky in die VSA vanaf 21 tot 31 Julie. Hiervoor word daar nou sterk voorberei.

Sterkte met voorbereiding, Narike!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

http://www.uppies.co.za/

Foto’s voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal