)

Nasionale Wolhantering Kompetisie – Augsburg Landbougimnasium

Nasionale Wolhantering Kompetisie. Elmoné Slabber van Augsburg Landbougimnasium in Clanwilliam het ‘n silwer medale by die nasionale wolhantering kompetisie vir skoliere verwerf het. Jean-Mari Jordaan het ‘n silwer medalje vir skaapskeer in die skoliere kategorie verwerf. Juan van Zyl is tans vierde in Suid-Afrika is met wolhantering by die skoliere-afdeling.

Elmoné en Jean-Mari oefen al van graad 9 af om te kwalifiseer vir hierdie klipharde kompetisie. Hulle het egter in matriek uiteindelik gekwalifiseer. Harde werk word beloon!

Hierdie twee dogters moes by SA’s teen seuns kompeteer en hulle het volhard. Jean-Mari, Elmoné en Juan is reeds besig om belangstellendes op te lei van graad 8 tot 11 in wolhantering en skaapskeer. Die span oefen byna elke Woensdag in Augsburg se wolskuur.

Mnr Joubert van der Merwe van Augsburg is tans voorsitter is van Wes-Kaap Skoliere Skaapskeer. Hy was vanjaar vir die eerste keer ook ‘n nasionale beoordelaar by wolhantering vir skoliere, intermediêr en ope klasse (volwassenes).

Oudleerders, Diaan Klue en Jannie Smit, het ook deelgeneem aan die beginner-katagorie vir volwassenes. Beide is tevrede met hulle uitslae.

Augsburg bedank die WKOD,  BKB, Livetrack SA en Mohair SA vir hul borge. Die leerders kon hulle volle potensiaal bereik omdat hulle die nodige ondersteuning kry.

Skeerders en wolhanteerders kan volgende jaar by Bloemfontein se skou kwalifiseer vir die Wêreld Kampioenskappe in Skotland. Hierdie kampioenskappe sal by een van die grootste landbouskoue ter wêreld gehou word. Professionele skeerders en klassers is reeds hard aan die oefen.

Die volgende formele skaapskeerkursus sal gedurende die eerste week van die Junie-vakansie aangebied word. Daar is slegs beperkte plekke by die kursus. Leerders wat belangstel moet Mnr van der Merwe so gou moontlik kontak.

Foto: Links Elmoné Slabbert. Regs: Jean-Mari Jordaan
Vlnr: Jean-Mari Jordaan, Elmoné Slabber, Shaun-Lee Laksman
Vlnr: Jean-Mari Jordaan, Elmoné Slabber, Juan van Zyl

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://augsburggim.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal