Hokkie Kapteins. In ons reeks oor sport kapteins, gesels Schools That Rock vandag met Bianca Mosquin. Bianca is die onder-kaptein van Hoërskool Bastion in Roodepoort, Gauteng, se 1ste meisies hokkiespan. Bianca teken vandag die elfde doel aan in ons reeks oor Hokkie Kapteins van hoërskole in Suid-Afrika.
“Ek het op die ouderdom van 8 begin hokkie speel, maar amptelik begin speel vir ʼn span toe ek 9 jaar oud was. Ek weet nie hoe om dit te beskryf nie, maar daar is ʼn ‘spark’ wat afgaan in my kop. Dit is soos my ‘comfort zone’ waar ek soos myself voel.
Ek speel tans ‘middel back’ vir ʼn week, maar het ‘center forward’ gespeel aan die begin van die jaar. Ek het al elke posisie gespeel behalwe ‘goalie.’ Ek is hierdie jaar vir die eerste keer as onder-kaptein gekies.
Ons span oefen drie keer per week, maar ek oefen op my eie as ek kans kry, veral na oefening vir ten minste ʼn uur lank.
Die bekwaamhede waaroor ‘n goeie hokkiespeler moet beskik is dissipline, spanwerk en goeie kommunikasievermoë. My sleutel tot sukses op die hokkieveld is om tot die beste van jou vermoë te speel en dit te geniet.
Inspirasie
Wat my inspireer elke keer wanneer ek op die hokkieveld stap vir ‘n wedstryd, is my spanmaat en my passie vir die sport. My lekkerste wedstryd was my heel eerste D12 wedstryd. Dit was terug in 2017. Dit was die dag toe ek besef het dat dit die sport vir my is en dat al daardie harde werk die moeite werd was.
Die wedstryd wat ek nie wil onthou nie, is die wedstryd wat ons ʼn week gelede gespeel het op 13 April. Alhoewel ons nie so ver verloor het nie kon ons almal baie beter gespeel het. Ons kon maklik daardie wedstryd gewen het. Ons het net nie ons op beste gespeel nie. Ek het daaruit geleer dat ek onfiks is en dít werk nie!
Ek hanteer druk tydens ‘n hokkiewedstryd deur te probeer kalm bly en te doen wat van my verwag word.
My huidige top 5 prioriteite in die lewe is my familie, vriende, my sport, my akademie en my geestelike toestand.
Die beste raad vir beginners in hokkie is om die basiese beginsels te bemeester – “master the basics”. Dit gaan baie tyd en trane vat, maar daardie basiese ‘skills’ kan jou ver bring.
Tussen al my sport en akademie het ek nie regtig baie tyd om hokkie op TV te kyk nie.
Doelwitte
My doelwitte wat ek graag in die volgende 6 maande/ 3 jaar wil bereik is eerstens om ons liga-wedstryde te wen. Verder droom ek om universiteit-hokkie te speel.
Om my verantwoordelikhede by hokkie saam met sosiale en akademiese verantwoordelikhede na te kom, stel ek gewoonlik ʼn rooster op maar as ek nie kans kry nie gaan ek maar waar die wind my waai.
My belangstellings buiten hokkie is drummie en ek speel krieket en doen ook toneel.
‘n Voorstel van my wat gewerk het? Ek het ‘n paar jaar gelede vir twee van ons spelers gesê om die twee meisies wat die heeltyd merk en nie uit te los nie. Na dit kon die ander span nie regtig ‘goals score’ nie omdat dit hulle beste spelers was.
My rolmodelle is my vorige afrigter en ook my huidige afrigter.
Hoe my afrigter en spanmaats my beskryf? Ek word gewoonlik beskryf as geduldig en iemand wat eers na ander se opinie luister voor ek iets doen.
Wat my die meeste opgewonde maak in die lewe, is die toekoms wat vir my voorlê.
Beskryf jouself in een woord: Doelwit-georiënteerd.”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








