Affie-Atletiek. Affie-meisies se atletiek beleef ‘n uitstekende seisoen! Affie-atletiek het die afgelope atletiek seisoen behoorlik die atletiekbane aan die brand gehardloop deur verskeie prestige kompetisies te wen in die meisies afdeling.
Voor die atletiekseisoen behoorlik op dreef was het Affies begin deur die jaarlikse byeenkoms by Nelspruit te wen waaraan verskeie skole deelgeneem het. Soos die een atletiek byeenkoms na die ander plaasgevind het, het Affie-meisies stadig maar seker bykans al die byeenkomste gewen.
By die A-bond atletiek byeenkoms waar al die top atletiek skole in Pretoria deelgeneem het Affie-meisies die meeste goue medaljes verwerf – 23 in totaal. Tydens die NWU se A-Bond Interskole Atletiek byeenkoms het Affie-meisies Pretoria se naam hoog gehou deur as wenner uit die stryd te tree. Affies wen ook ‘n totaal van 23 goue medaljes by die byeenkoms.
Welgedaan!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za