)

WP/Wynland Junior Toutrekkampioenskappe – Strand wen WP-titels

WP/Wynland Junior Toutrekkampioenskappe. Die Arende het Saterdag hoog gevlieg met vier WP-titels! Die afgelope Saterdag, tydens die WP/Wynland Junior Toutrekkampioenskappe, het Hoërskool Strand se toutrekkers uitstekend presteer! 164 Spanne en meer as 700 toutrek-atlete het deelgeneem. Vier spanne van die Arende kon daarin slaag om as 2022 WP kampioene aangewys te word.

Maklik was dit beslis nie. Te midde van naelbyt oomblikke en emosies wat hoog geloop het, is ondersteuners getrakteer met van die beste en taaiste toutrek-aksie van die seisoen. Vanuit ‘n Arend-oogpunt was die verrassing van die dag die twee  ligter spanne (440kg en 480kg) wat almal verras het en as WP kampioene weggestap het

Die onoorwonne 520kg gemengde span van die Strand moes ontsettend hard werk en diep delf om in skoon trekke die WP-titel weg te raap van die gedugte Jan Kriel-span.  Daarna, met die laaste twee gewigsgroepe van die dag, het die 560kg seunspan ook Hoërskool Strand se vierde WP-titel van die dag verower. Die meisies se 480kg span het ‘n baie goeie algehele vierde plek behaal. Hulle kon net-net nie daarin kon slaag om ook as WP kampioene gekroon te kon word nie.

Plaatspanne

Nog ‘n verblydende faktor was die uitstekende wyse waarop Hoërskool Strand se Plaatspanne gevaar het met die 560kg en 600kg spanne wat onderskeidelik silwer en goue toekennings ontvang het. Netso het die ontwikkelingsarm van Hoërskool Strand se “kaalvoete” (laerskool toutrekkers) uitstekend presteer deur ook drie brons medaljes in te palm.

Die opgesomde uitslae is soos volg:

  • 480kg seuns                       brons medalje met WP kleure
  • 440kg seuns                       4de met WP kleure
  • 520kg A gemeng              5de met WP Kleure
  • 520kg B gemeng               nie gekwalifiseer vir uittrek rondtes nie
  • 560kg seuns                      4de met WP kleure
  • 480kg mesies                    4de plek
  • 560kg seuns Plaat            silwer sertifikaat
  • 600kg seuns Plaat            goue sertifikaat
  • 440kg meisies                   5de plek
  • 520kg meisies                   onder eerste agt

Noudat al die provinsiale kampioenskappe regoor die land afgehandel word, skuif die klem nou na finale afronding en oefenkampe met die oog op die SA Junior Toutrekkampioenskappe wat oor minder as 2 weke plaasvind.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.hsstrand.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal