)

Oakdale Kalahari Vasbyt – Hoër Landbouskool Oakdale se bulle byt vas

Oakdale Kalahari Vasbyt. “…Ons is manne soos geen ander, sonder vrees vir stof en swaar en ons oefen en baljaar ook in die aansig van gevaar…” So lui die Vasbytlied, ʼn lied wat menige Vasbyter al gehelp het om deur te druk onder die strafste omstandighede. Die Kalahari Vasbyt word beskryf as die grootste uitdaging wat enige hoërskoolseun vir homself kan stel.

Die Oakdalers staan nie terug vir hierdie uitdaging nie. Oakdale het vanjaar die grootste groep Vasbyters gehad waarop die gemeenskap trots kan wees. Oakdale spog met nie minder as agt leerders wat die uitdagende Kalahari Vasbyt voltooi het.

Otto van Eeden (Grootbrakrivier), Michiel Herholdt (Oudtshoorn), Hanno Louw (Mosselbaai), Hanré Jubelius (Uniondale), Pieter Marais (Riversdal), Gideon Pretorius (Danabaai), Reuben MacDonald (Heroldsbaai) en Henry Theron (Riviersonderend) het hierdie uitdaging sy aan sy aangepak.

“Die Vasbyt was ‘n ongelooflike belewenis waar ek ‘n man soos geen ander geword het in die hartjie van Botswana. Ek kan sekerlik ‘n hele boek skryf oor my tyd op die Vasbyt, maar ek het nie woorde om te beskryf wat hierdie avontuur vir my beteken het nie.” was Pieter Marais, een van die Oakdale-deelnemers se kommentaar op die 2022 Kalahari Vasbyt uitdaging.

Dit is geleenthede soos dié waartydens leerders hulself in toenemende mate ontdek.

Foto verskaf

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.oakdale.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal