Gerrie Berner Tennis Toernooi. Die jaarlikse Zest Fruit Gerrie Berner Tennis Toernooi word vanjaar vir die sewentiende keer deur Paul Roos Gimnasium aangebied. Die toernooi vind plaas vanaf 17 tot 19 Februarie 2022.
Paul Roos Gimnasium se eerste tennisspan het oor die jare hul staal gewys. Die span het verlede jaar die titel vir die vierde agtereenvolgende jaar te wen. Hulle het Grey College van Bloemfontein in die finaal met 4 – 0 te verslaan.
Paul Roos word verteenwoordig deur Ernst Gouws, Johan van Wijk, Stephen Claassen, Willem de Waal, Leonardo Sola, Echard de Kock en Jake Downie. Ernst Gouws is nommer een op die Tennis Suid-Afrika 0/18-ranglys.
Die skole wat vanjaar gaan deelneem, is Paul Roos Gimnasium, Hoërskool Stellenbosch, Grey College, Hoërskool Waterkloof, Afrikaanse Hoër Seunskool, Kearsney College, Clifton High, Hoërskool Outeniqua, Oakdale Hoër Landbouskool, Hoër Jongenskool Paarl, King Edward School en St. Stithians.
Die hoofborg met die bekende Gerrie Berner Toernooi die afgelope vier jaar, is Zest Fruit. PRG se toewyding tot die ontwikkeling van gehalte tennisspelers is, volgens Freek Dreyer, Besturende Direkteur van Zest Fruit, die rede vir hul jarelange assosiasie met die toernooi. Dit het hulle geïnspireer om die borgskap uit te brei en PRG-tennis as geheel te ondersteun. Hulle is geëerd om met PRG-tennis geassosieer te word.
Wedstryde sal gestroom word. Volg al die aksie op die SuperSport Schools toepassing wat gratis afgelaai kan word.


Fotokrediet: Charmaine Sander Photography
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Become a Sponsor








