Kodering en Robotika. Laerskool Stulting van Humansdorp in die Oos-Kaap se Graad 4 klas moes onlangs, deur middel van kodering en robotika, ‘n helikopter ontwerp. Hierdie helikopter moes ‘n motor het wat werk en dit moet kan lees hoe ver die helikopter vanaf die grond is. Dit is moontlik gemaak deur gebruik te maak van sensors.
Hierdie dogters vertoon hul helikopter en die program wat wys hoeveel meter die helikopter vanaf die grond is. Hou die toekoms dop vir hierdie ingenieurs in wording in die ingenieurs wêreld!
Foto verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za