)

Kuikenweek 2022 – Hoërskool Strand Gr 8’s wil Arende wees

Kuikenweek 2022 – “Ek is ’n Kuiken, ek wens ek was ’n Arend, ek’s lief vir my Matrieks, yes, yes, yes!” Dit was die Graad 8’s se hoofdoel en begeerte om as Arende ingelyf te word by Hoërskool Strand.

Groot entoesiasme was teenwoordig verlede week by die Graad 8’s oriëntering Kuikenweek. Dinsdag 18 Januarie het die graad 8’s van Hoërskool Strand afgeskop met ’n saalbyeenkoms. Daar is hulle en hul ouers verwelkom. Ouers is die eerste keer aan hulle bekendgestel. Oudisies vir hoofkarakters is daardie middag gehou. Daar het harde werk vir hulle voorgelê!

Kuikenweek 2022 het verder bestaan uit konsert oefeninge en atletiekuitdunne. Hulle is voorgestel aan Hoërskool Strand se Sport- en Kultuurgeleenthede en basislyn toetse. Hulle het geleentheid gekry om gesprekke te voer met hul graadleiers en nog vele meer.

Saterdag was dit tyd vir die gebruiklike Kuikenweek 2022 konsert. Die ouers en gemeenskap het dit  terdeë geniet om te sien waarmee die kuikens hulself vir die week besig gehou het. Die oriënteringsweek is op ’n hoë noot afgesluit met die Kuikens se baadjie-seremonie. Hulle kon nou vir die eerste keer hulle skoolbaadjies aantrek, omdat hulle die oriënteringsweek met sukses afgehandel het.

“Ek is ’n kuiken, en ek weet ek word ’n Arend”… Welkom by die Arendfamilie, graad 8’s!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://hsstrand.co.za

Foto’s voorsien

#Arendtrots

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal