)

Kleure-atletiek – Oakdale voorspel aanskoulike interskole

Kleure-atletiek. Hoër Landbouskool Oakdale van Riversdal se kleure-atletiek voorspel ‘n aanskoulike interskole!

Afgesien van puik prestasies was die borrelende gees en entoesiasme wat daar onder die atlete geheers het, opmerklik. Dirigente van beide die spanne was slaggereed om hul span tot oorwinning te lei.

Items wat uitgestaan het, was verspring 0/17. Rayline Alberts het die verspringrekord van C Genis van 6.48m na ‘n goeie afstand van 6.56m verbeter. Hierdie rekord is in 2002 opgestel. Die Senior Victor Ludorum, met ʼn totaal van 2755 punte, is Righardt Stander. Wayne Ganniwa is vanjaar die Junior Victor Ludorum. Hy versamel 2694 punte volgens die ASA-tabel. Die Blouspan se 691 punte teenoor die Rooispan se 632 het vir ‘n oorwinning gesorg.

Die gewilde Somer-interskole tussen Oakdale en Boland Landbou vind vanaf 3 tot 5 Februarie plaas. Hoër Landbouskool Oakdale is vanjaar die gashere. Leerders van beide skole ding mee in atletiek, krieket en tennis. Die o.15- en o.19-tenniswedstryde word op Donderdag, 3 Februarie, op die skool- en dorpsbane gespeel. Agt krieketspanne sal op Vrydag, 4 Februarie, mekaar die stryd aansê op die kolfblad. Die Interskole-atletiekbyeenkoms word Saterdag, 5 Februarie, op Oakdale aangebied. Dit beloof om pragtige en opwindende prestasies op te lewer.

Foto’s verskaf

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.oakdale.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal