Hoërskool Wonderboom. Me. Alicia Bekker en Marne Loots, beide personeel van Die Hoërskool Wonderboom, is wéér aangestel as ondersteunende personeel van die Blou Bulle vroue-rugbyspan.
Alicia, `n gekwalifiseerde Fisioterapeut, is reeds vanaf 2018 as die skool se amptelike fisio betrokke by die skool. Sy het `n groot passie vir sport en was vanaf 2015 betrokke by Harlequins rugby voordat sy in 2019 by die Blou Bulle aangesluit het.
Marné voltooi haar graad in B.Sc Menslike Bewegingskunde en Fisiologie en is sedert Mei 2021 as kondisioneringsafrigter betrokke by Die Hoërskool Wonderboom. Sy het `n passie vir hokkie en is as spanbestuurder en skeidsregter betrokke by verskeie provinsiale hokkiespanne.
Marne is in 2021 aangestel as die S&C-afrigter (Strength and Conditioning) by die Blou Bul Rugby Vroue Span (premier division).
Wonnies is trots dat sulke kenners op hul gebied deel vorm van die Wonnie-span.

Foto’s verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Become a Sponsor








