Boodskappe 2021 Matrieks. Di’neke Human se pa, Dirk Human, het hierdie besondere boodskap aan haar gerig om dit saam met haar die toekoms in te neem. Di’neke is in matriek by Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria.
“My liewe dogter, Di’neke. Ek sukkel nog om te verstaan hoe twaalf jaar se skool so vinnig kon verbygaan. Jy is jou pa se trots en dis ‘n eer om jou pa te kan wees. God het my met een van sy top kinders geseën. Alle voorspoed wil ek jou toewens vir jou toekoms van hier af verder.
Ek weet jy gaan ‘n sukses van jou lewe maak. Ek leer soveel elke dag by jou en vir my skep jy elke dag ‘n voorbeeld. Jy is ‘n pragtige mens.
Baie liefde, Pa.”
Foto verskaf
Lees meer skolenuus: