Boodskappe 2021 Matrieks. Jackie Nel, ma van Monique Fourie, het hierdie besondere boodskap aan haar gerig om dit saam met haar die toekoms in te neem. Monique is in matriek in Langenhoven Gimnasium, Oudtshoorn.
“Monique, as ek jou een ding kon gee, is dit dat jy jouself deur my oë kon sien. Jy sou dan besef hoe “amazing” jy is. Die lewe is rof, maar so is jy. Alles wat jy nodig het is alreeds binne jou. Wees jouself waar jy ookal gaan. Onthou altyd dat jy die mooiste en belangrikste hoofstuk in my lewensboek is.
Dankie dat jy jy is. Baie lief vir jou.
Jou enigste Ma.”
Foto verskaf
Lees meer oor skolenuus: