)

Blou Bulle Hoëprestasie Program – Hoërskool Die Wilgers deel in program

Blou Bulle Hoëprestasie Program. Twee van Hoërskool Die Wilgers in Pretoria se 0/15-rugbyspelers, SP Schutte en Caleb Klein, skitter in rugby. Hulle is in die finale groep van die Blou Bulle-Hoëprestasie program opgeneem. Caleb Klein en SP Schutte se harde werk regdeur die jaar is beloon.

Die doel van die Blou Bulle Hoëprestasie-program is om jong rugbyspelers deur die Blou Bulle se Skole-afrigters te identifiseer. Hierdie spelers sal dan baat vind by topgehalte afrigting.

0/15-Spelers word in hul 0/15-jaar in ‘n groep ter voorbereiding vir hul 0/16-jaar opgeneem. Die seuns is verseker van ontwikkeling en voorbereiding om op ‘n hoër vlak te speel indien die geleentheid hom voordoen. In die jaar wat hul 0/16 is, staan hulle die kans om Blou Bulle-kleure te verwerf.

Spelers word op alle vlakke, oa fiksheid, vaardighede en besluitneming binne ‘n wedstrydomgewing getoets. Die finale groep ontvang intensiewe individuele aandag. Die kombinasie van skolerugby en dié program is vir die spelers van groot waarde.

Elke speler het die uitdaging om deel van hierdie sisteem vir hul volle skoolloopbaan te bly. Geleenthede vir hoë vlak rugby (na skool) by universiteite, klubrugby en selfs professionele rugby is vir hierdie seuns beskore.

Foto’s verskaf

Lees meer oor Die Wilgers:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.hswilgers.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal