HJS vs PRG Krieket. Verskeie krieketspanne van Hoër Jongenskool Paarl en Paul Roos Gimnasium het mekaar vanaf 2 tot 6 November op die krieketveld die stryd aangesê.
Die uitslae was as volg:
O.14E HJS vs Paul Roos (T20) – PRG 109/10 (Dieter du Toit 5/25). HJS 79/5. HJS verloor met 40 lopies.
O.14D HJS vs Paul Roos – HJS 68/6 ná 20 boulbeurte. PRG 69/1. PRG wen met 9 paaltjies.
O.14C HJS vs Paul Roos – HJS 73/10 (Latham Hendricks 19). PRG 74/2 (Deneel Kruger neem beide paaltjies). PRG wen met 8 paaltjies.
O.14B HJS vs Paul Roos Gimnasium – PRG 118/4 ná 20 boulbeurte (Bertus van Rensburg 1/10 in 4). HJS 119/8 in 20 (Bosman de Villiers 54). HJS wen met 2 paaltjies.
O.14A vs Paul Roos Gimnasium – PRG 273/6 ná 50 (Jamie Stemmet 2/44). HJS 116/10 in 30,3 (Jamie Stemmet 39; Francois Marais 33*). HJS verloor met 157 lopies.
O.15 spanne
O.15C HJS vs Paul Roos Gimnasium – PRG 121/4 ná 20 beurte (Louis du Plessis 2/21 in 3 beurte). HJS 111/9 ná 20 (Kian van Niekerk 34; Tristan Vlok 24). HJS verloor met 10 lopies.
O.15B HJS vs Paul Roos – Paul Roos 73/10 ná 18,2 (Tertius de Bruyn 2/8 in 4; Koch van Eyssen 3/16 in 4). HJS 74/2 ná 9,2 (Johan Brandt 43; André Neethling 12). HJS wen met 8 paaltjies.
O.15A HJS vs Paul Roos Gimnasium – PRG wen die loot en besluit om eerste te boul. HJS 201/9 (Johan Wege 52; Roux Meyer 28; Dian van der Westhuizen 21). PRG 94/10 (Daniel Lombard 5/11 in 10 (4 leë boulbeurte); Arie Meiring 3/20 in 8). HJS wen met 107 lopies.
O.19 spanne
O.19B HJS vs Paul Roos Gimnasium – PRG kolf eerste en behaal 249/6 ná 50 (Daniël Oosthuizen 2/26 in 10; Connor Batt 2/31 in 10; Nick van Rensburg 2/42 in 6). HJS 172/10 ná 38 (HJ van Zuydam 44; Erwin Meyer 28; Reece du Plessis 27). PRG wen met 77 lopies.
1e IX HJS vs Paarl Hub o. 19 (T20) – HJS wen die loot en behaal 170/4 ná 20 boulbeurte (Emile Lubbe 58; Gysbert Wege 40; Stefan Breuninger 35*). Paarl Hub 83/10 (Stefan Breuninger 2/0 in 1; Reece du Plessis 2/11 in 3; Daylin Davids 2/13 in 3). HJS wen met 87 lopies.
Baie geluk aan Gysbert Wege met sy prestasie van 1 000 lopies vir die seisoen.
1st XI HJS vs Paul Roos Gimnasium – HJS 215/9 ná 50 boulbeurte (Gysbert Wege 74; Liam Vermeulen 33; Rian Leibold 32*). PRG 82/10 (Rian Leibold 4/26 in 10; Gysbert Wege 1/14 in 4; Daylin Davids 1/9 in 6). HJS wen met 133 lopies.
Foto verskaf
Lees meer oor Hoër Jongenskool:
https://www.paarlboyshigh.org.za/
Become a Sponsor








