Arm Teater. Hier kom drama! Die gr 11-drama leerders van Hoërskool Fichardtpark het ‘n werkswinkel oor Arm Teater (of Gestroopte teater) bygewoon. Dit is gehou by Oranje Meisiesskool en was vir die leerders ‘n ongelooflike geleentheid om by te woon.
Die veelsydige Sjaka Septembir het dié werkswinkel aangebied. Hy het die bekende verhaal van Rooikappie gebruik, wat nooit weer dieselfde virdie leerders sal wees nie.
Sjaka is een van Suid-Afrika se top skrywers. Hy tree op as digter, regisseur, mentor, teatervervaardiger en akteur.
Die leerders het ongelooflik baie by hom én by mekaar geleer.
Lees meer oor Hoërskool Fichardtpark: