)

Voortrekker Tennis – BHVS sluit op ‘n hoogtepunt af

Voortrekker Tennis. Bethlehem Voortrekker Hoërskool se tennis het op ‘n hoogtepunt afgesluit. Die eerste seuns- en dogterspanne het die naweek na Natal getoer en teen verskeie prestige tennisskole in die Durban/Pinetown omgewing gespeel. 

BVHS se seuns speel teen Kearsney College en Westville Boys. Die dogters speel teen Durban Girls College en St Mary’s. Beide spanne speel ook teen ‘n uitnodigingspan van Curro Hillcrest, waar hulle vir die eerste keer geleentheid kry om op ‘n klei-tennisbaan te speel. BVHS se dogterspan bly nog steeds onoorwonne met ‘n skouspel van topklas tennis.

Alhoewel die seunspan se naweek moeiliker begin het, het hulle uitslae deurlopend verbeter, tot en met ‘n wen-wedstryd teen Curro se uitnodigingspan. Hulle het ook geleentheid gehad om te speel by die skouspelagtig- en wêreldbekende Cowie Hill tennisklub.

Voortrekker Tennis. Vlnr: Themba Sithole, Hendrik Matthee, Danny de Klerk, JC Azar, Andrie Greyling, Enrico Kennedy

Gelukkig was daar ook tyd vir ontspanning en kon almal hulle voete natmaak in die see. 

Dankie aan al ons spelers en personeel, vir harde werk in 2021 en baie om op trots te wees.

Lees meer oor BHVS:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.voortrekker.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal