Karate. Hanré Dreyer van Laerskool Truida Kestell, in Bethlehem, het die afgelope naweek deelgeneem aan die Bethlehem Karate Klub se JKS Area Gradering.
Handré, ‘n Graad 6 leerder, het ‘n baie goeie gradering gekry en sy Bruinbelt een ontvang. Dit was ‘n baie strawwe gradering en ‘n baie goeie prestasie vir ‘n 12 jarige karateka!
Hanré neem al vanaf Graad 1 deel aan karate. Hy het deur hierdie ses jaar baie hard gewerk en geoefen om hierdie mylpaal te behaal. Dit is iets wat beslis deursettingsvermoë en ywer vereis.
Baie geluk Handré!
Truidjies is baie trots op jou!
#trotsetruidjies#proudtobeatruidjie
Lees meer oor Laerskool Truida Kestell: