)

Redenaars Oppie Tong af – Vyf Erries van Erries in finaal

Redenaars Oppie Tong af. Op Saterdag, 28 Augustus, het agt redenaars van Hoërskool Ermelo in Mpumalanga deelgeneem aan die provinsiale uitdunne van die landswye Oppie-Tong-Af Redenaars kompetisie. Dit was die afdeling vir individuele toesprake. In hierdie Oppie Tong af redenaars kompetisie word daar van leerders verwag om toesprake van tussen 5-7 minute te lewer. Enige van die volgende 5 subkategorieë, oorredende toesprake, motiverende toesprake, vermaaklikheidstoesprake en onvoorbereide toesprake word gelewer. Leerders ontvang hul onderwerp ‘n uur voor die kompetisie begin. Dan is daar ook die uitdagende Goue Tong-afdeling waar leerders hul onderwerp vyf minute voor die redenaars kompetisie begin ontvang.

Hoërskool Ermelo is trots op vyf van hul redenaars wat deurdring na die nasionale finaal van die kompetisi. Dit vind DV tussen 14-20 Oktober in Midrand plaas. Die spanredenaars-afdeling van Oppie Tong af kompetisie vind eerskomende week plaas. Die Erries wens Mienke Cloete, Zané du Plessis, Raees Tikly, Zanéke Ludick en Chrizanne Joubert van harte geluk. Hierdie finaliste is besig met hul voorbereiding vir die nasionale kompetisie.

Alle sterkte met die finaal!

Mienke Cloete, gr. 10 (91% – oorredende toespraak)

Zané du Plessis, gr. 10 (90% – onvoorbereide toespraak)

Raees Tikly, gr. 10 (90% – motiverende toespraak)

Zanéke Ludick, gr. 10 (90% – oorredende toespraak)

Chrizanne Joubert, gr. 9 (90% – oorredende toespraak)

Zané du Plessis, gr. 10 (89% – Goue Tong)

Lees meer oor Erries:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal