)

EHS Krieket wen Liga – Ermelo se eerste krieketspan wen ligawedstryd

EHS Krieket wen Liga.

EHS se eerste krieketspan het op Saterdag 4 September in hul eerste liga-wedstryd vir die seisoen teen Embalenhle te staan gekom.  Op die dag met perfekte krieket-weer het Embalenhle, die besoekers, die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Die EHS-boulers het hul opponente in hierdie liga-wedstryd uit die staanspoor met goeie boulwerk onder druk geplaas. Paaltjies het gereeld gekantel.  Die besoekende kolwers kon slegs 122 lopies teen EHS tydens hierdie liga-wedstryd aanteken voordat almal uitgeboul is binne 25 boulbeurte. 

Die Errie-kolwers het in hul beurt hulself baie gemaklik van hul taak gekwyt voor die paaltjies. Hulle het die lopieteiken in slegs 26 boulbeurte behaal. Erries het slegs twee paaltjies verloor.EHS Krieket wen dus hierdie kragmeting met agt paaltjies.

EHS Krieket wen eerste Liga-wedstryd Foto vlnr: Pieter Leibbrandt en Liam Kitchenmaster

Opsomming en uitblinkers:

Embalenhle                       122 (24.5 beurte)

Hoërskool Ermelo            127 (26.3 beurte)

Tiaan Grobler                    3/14 (4 beurte)

Rian Barnard                     3/17 (2.5 beurte)

Wian Swart                        3/20 (4 beurte)

Rian Barnard                     52*(48)

Christiaan Arnoldi            37(46)

EHS wen met 8 paaltjies.

Baie geluk aan elkeen van die EHS krieketseuns met die oorwinning en alle voorspoed met die res van die liga.

Lees meer oor EHS:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal