)

Hoërskool Witteberg neem afskeid

Mnr Taljaard en sy vrou

Hoërskool Witteberg in Bethlehem het die afgelope vakansie mnr. Leander Taljaard, die skool se sportorganiseerder, gegroet. Hy was die afgelope 6 jaar die skool se sportorganiseerder.

Meneer Taljaard en sy vrou het onlangs verhuis na Thailand waar hy sy loopbaan as liggaamlike opvoeder gaan voortsit. Ons salueer hom vir die ongelooflike werk wat hy verrig het die afgelope aantal jare. Hy sal onthou word vir sy rustige geaardheid en pligsgetrouheid.

Hy was ook verantwoordelik vir die uiters suksesvolle manier waarop Witteberg sedert verlede jaar die COVID-pandemie hanteer het. As voldoeningsbeampte was hy baie deugsaam en altyd op sy pos met hulp. In sy hoedanigheid as sporthoof het hy verseker dat Witteberg se kondisioneringsentrum ten volle opgradeer is en tans ‘n diens van ‘n hoë standaard aan sy leerders kan bied.

“As vriend en kollegas, was dit ‘n voorreg om saam met hom te kon werk. Hy was ook ‘n steunpilaar in die afrigterskorps van ons eerste rugbyspan die afgelope tyd.”

Witteberg wens hul sterkte toe met die nuwe opwindende skuif in hul lewens en mag hul pad met sukses en vreugde geseën word.

Meer oor Witteberg:

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/

https://www.witteberghs.co.za

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal