)

Hoërskool Nelspruit se Huis Maré vier Vrouwees

Foto: Joshua na die Reën

Die dames met finesse het Dinsdagaand hul mooiste rokkies aangetrek vir ‘n spesiale geleentheid. Weens Covid-19 is die Huis Maré prysuitdelingsfunksie van die vorige jaar nie aangebied nie en is daar besluit om hierdie jaar ‘n spesiale verwelkomingsfunksie aan te bied om nie net die presteerders van 2020 te vereer nie, maar ook om vrouwees te vier.

Juffrou Elize Stidworthy het die program vir die aand saamgestel wat ook ‘n spesiale vertoning van Joshua na die reën ingesluit het. Jacques of Joshua na die reën soos wat hy bekendstaan het die meisies betower met treffers soos Vir Altyd en Lig op die Horison.

Die lys van presteerders:
Akademiese prestasies 2020 – Graad 8: Melize Lindeque, Graad 9: Danielle Bothma, Graad 10: Katrien Hiemstra, Graad 11: Lanika Leuvennink en Graad 12: Milda van Dyk

Dame met Finesse: Lize Louw

Koshuisvadertoekenning: Chrisna Loubser

Graad 8 van die jaar: Melize Lindeque

Graad 12 van die jaar: Anica Roos

“Mag dit met julle goed gaan in hierdie jaar. Moeilik, sleg, lekker of goed, mag dit iets in jou karakter bou wat vir lank sal hou.” En met dié woorde het die gaskunstenaar die spesiale geleentheid afgesluit.

Foto verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal