)

BCC 2021 Leiers verkies

Foto voor vlnr: Milan de Wit, Simonè de Witt, Brian Nakedi en Siphokazi Tshabalala

Agter Vlnr: Dr. Frelet de Villiers (begeleidster), Mia Delport en Simon Laubscher en mnr. Werner Stander (dirigent)

Ses ervare lede van die Bloemfontein Children’s Choir is aangewys as nuwe leiers vir 2021.

Simon Laubscher (HoĂ«rskool Sentraal) en Mia Delport (HoĂ«r Meisieskool Oranje) is aangewys as hoofleiers met Simonè de Witt, (HoĂ«rskool Fichardtpark), Siphokazi Tshabalala (St Michael’s Secondary School), Milan de Wit (HoĂ«rskool Sentraal ) en Brain Nakedi (Grey Kollege SekondĂªr) as lede van die leierspan.

Die koor bestaan tans uit 67 lede en is reeds hard aan die oefen aan die 2021 jaarprogram. “Dit is ‘n opwindende tyd in die koor se 34 jaar geskiedenis en  die bydrae van elke kind is van ontskatbare waarde. Die COVID-19 pandemie het ‘n groot impak op die bedrywighede gehad tydens 2020. In retrospek was dit vir ons ook ‘n tyd om te herstruktureer en te besin oor die aanslag en repertoire van die koor. Dit is belangrik om te fokus op ‘n uitstaande gehalte koorklank, samehorigheid tussen die kinders en terselfdertyd om die uitdagings wat die COVID-19 pandemie die hoof te bied. Innovasie en geleenthede gaan hand aan hand en die koor oefen tans in die kerkgebou van die NG Kerk, Bloemfontein Wes. Die kerk het ‘n uitstaande akoestiek en is by uitstek gerat om die kinders met die nodige sosiale afstande te laat oefen.” het Werner Stander, Direkteur van Musiek en dirigent van die koor gesĂª.

Tans word oudisies gereĂ«l vir kinders wat belangstel om deel van die koor te wees. Kontak 0835616517 om ‘n afspraak te maak.

Foto verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĂ«rskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĂ«rskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĂ«rskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĂ«rskool Sentraal