Danika Stephansen, ‘n Gr 7 leerder van Laerskool Thabazimbi, het die afgelope naweek aan die Nasionale Karate Kompetisie in Durban deelgeneem as deel van die top 10 in Suid-Afrika. Sy het ‘n Silwer medalje verwerf in die Kumite (fighting) afdeling.
Baie geluk, Danika. Laerskool Thabazimbi is super trots op jou.