Foto agter v.l.n.r: Jan-Adriaan Bekker, Wikus Vorster en Elizri Malan
Voor v.l.n.r: Anke de Kock, Me. Anso Esterhuizen (Graad 12-Graadhoof 2020) en Ancke Boshoff
Afwesig: Corné Beyers, Carike Beylefeld, en Anja Rust
Tydens ‘n spesiale geleentheid op 5 Maart, saam met Hoërskool Jim Fouché se Matrieks van 2021, het 8 matriekleerders van 2020 ‘n spesiale erepenning ontvang vir 6 of meer onderskeidings wat behaal is in die matriekeindeksamen van 2020.
Wikus Vorster (9 onderskeidings – Top 10 in die Vrystaat), Jan-Adriaan Bekker (7 onderskeidings), Anke de Kock (7 onderskeidings), Corné Beyers (7 onderskeidings), Carike Beylefeld (7 onderskeidings), Elizri Malan (6 onderskeidings), Ancke Boshoff (6 onderskeidings) en Anja Rust (6 onderskeidings).
Baie geluk en baie dankie dat julle JF trots maak.