)

Hoërskool Piketberg verwelkom nuwe Skoolhoof

Hoërskool Piketberg verwelko hul nuwe skoolhoof, Mev M Koen, wat binnekort by die skool aansluit. Mev Koen is in Mpumalanga gebore en getoë. Sy het aan die Hoërskool Standerton gematrikuleer. Sy het die Hoofmeisie-posisie in beide laer- en hoërskool beklee.

“Ek het ‘n absolute passie vir die ontwikkeling van mense, veral onderwysers en kinders. Mentorskap en leierskap lê my na aan die hart en dit is hoekom ek voel dat ek ‘n kosbare bydrae kan lewer tot die onderwyssisteem.”

Mev Koen het ‘n B.Com Rekeningkunde graad, asook ‘n Honneurs in B.Com Finansiële Bestuur verwerf aan die Universiteit van Johannesburg. Sy het ook haar Nagraadse Onderwys Sertifikaat (UNISA) en ‘n “Post Graduate Diploma in Educational management and Leadership” deur Regent Business School, cum laude verwerf.

Sy is vanaf 2005 as Rekeningkunde onderwyser betrokke by Hoërskool Standerton en dien sedert 2012 op die skool se bestuurspan, eers as Departementshoof vir Ekonomiese Bestuurswetenskappe en sedert 2018 as Adjunkhoof van die skool.

Sy is getroud met Willie Koen, eienaar van ‘n aanlyn-bemarkingsmaatskappy. Hulle het twee kinders, Anja (12) en Greeve (11). “Die geleentheid is op ons pad gestuur van Bo en ons is opgewonde om deel te word van die PHS-Ysters!”

Foto verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal