Altus Bosch van Hoërskool Upington, het met die hulp van tegnologie, sommer vroeg die jaar ingeklim en het reeds aan twee kwalifiserende aanlyn skaaktoernooie deelgeneem. Hy het op 30 Januarie en 6 Februarie deelgeneem aan die Mangaung Metro (Vrystaat) provinsiale kwalifiserende toernooie en baie goed gevaar. Sy skaak is mooi op dreef. Goeie werk Altus, hou so aan.
Uppies is trots op jou.