Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Tiaano Walters, Hoofseun van HoĆ«rskool Swartland in Malmesbury.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien die meeste daarna uit om al die nuwe Rockies te verwelkom en hulle gemaklik te laat voel in die Hoƫrskool. Om die uitdagings van die matriekjaar aan te pak, asook om al die bekende gesigte weer te kan sien na die lang tuis-bly-tydperk.
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wil sien gebeur by Hoërskool Swartland? Om aan te kan pas by die nuutste uitdaging by alle skole in 2021, Covid-19. Om Šveilige en gesonde omgewing te skep om Covid-gevalle tot Šminimum te hou en sodoende ook die moontlikheid om somer- en wintersport hierdie jaar weer te kan doen. In verband met die sport sal ek die deelname syfers graag wil vermeerder asook deelname in kultuur.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om Rockies hul keuse te maak, wat sal dit wees? By HoĆ«rskool Swartland glo ons in, āWork Hard, Play Hard, Pray Hard.ā Die leerders van HoĆ«rskool Swartland lewer uitmuntende prestasies op akademiese gebied. Ons onderwysers dra uit en uit die belange van hul leerders op hul hart. Wat sport betref is hier duidelik iets in die Boland-water wat sportsterre oplewer. Ons bied Å verskeidenheid sportsoorte aan wat deur onderwysers met passie afgerig word. In ons skool is daar Å plekkie vir almal, ongeag ras en geloof.
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? My rolmodel is Meneer Johann Spies ā my ingenieursgrafika en ontwerp onderwyser. Hy het Å ware passie vir onderwys en kry dit altyd reg om Å glimlag op jou gesig te sit. Sy kennis van die vakke wat hy gee is ongelooflik en jy kan vir seker Å ding of twee oor die lewe by hom leer.
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Om aan atletiek asook landlope deel te neem gee my Å skoenlapper-in-die-maag-gevoel wat geen ander sport doen nie. Om die motivering van die skare te kan hoor en net jou beste te probeer gee, maak die sportsoort definitief my gunsteling.
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? My Ma se koolbredie met soet patat.
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek stel daarin belang om ingenieurswese te gaan studeer.
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Die Universiteit van Stellenbosch
Vraag: ān Boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021: Robert Schuller het gesĆŖ, āTough times never last, only tough people do.ā Ek dink met die jaar wat verby is en die jaar wat voorlĆŖ moet ons as Å eenheid saam kan staan (let wel: 1.5 meter uit mekaar). Om leerders te help wat deur Å moeilike tyd gaan en die jaar met Å āpositive mental attitudeā in te vaar.
Become a Sponsor








