)

Schools That Rock gesels met Liesje Bruwer

Schools That Rock het ‘n paar vrae aan Liesje Bruwer, Presidente van Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, gevra.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Na die prikkie op my bo-arm, want dit beteken dat alles op ons skoolkalender kan gebeur. 

Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? Ek sou tydens saalperiode my water direk uit my botteltjie gedrink het, en nie eers in ‘n glas oorgegooi het nie. 

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om jou skool hul keuse te maak, wat sal dit wees? AHMP verkoop haarself, dit sal nie vir my nodig wees om iemand te oorreed nie.

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Al ons Affie personeel is volwaardige rolmodelle. 

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Ek swem graag vir ons skool se d-swemspan. 

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Pap en melk, ek eet dit elke dag. 

Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek wil ‘n loopbaan volg in Internasionale handel. 

Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Die Universiteit van Stellenbosh 

Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Liefste Affies, kom ons staan hierdie jaar naby aan mekaar: wel 1.5 meter om presies te wees, en moedig mekaar aan om steeds hoër te groei, dieper wortel te skiet in ons Skepper en Beskermer, sodat geen wind een van ons kan omwaai nie! Ons ís EEN! 

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal