)

Schools That Rock gesels met Imiéll Christensen

Schools That Rock het ‘n paar vrae aan Imiéll Christensen, Hoofseun van Hoërskool Aliwal-Noord, gevra.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien baie uit daarna om die jaar as ‘n matriekulant in Hoërskool Aliwal-Noord te begin en gebruik te maak van voorregte wat slegs vir Gr12’s bedoel is.

Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? As ‘n leerder presteer in een of ander rigting of veld, ontvang hy ‘n balkie of ‘n erekleure baadjie om hom/haar erkening daarvoor te gee. In plaas hiervan kan daar ‘n stelsel geïmplimenteer word wat, elke keer as die leerder presteer ‘n sekere bedrag geld in ‘n rekenig inbetaal word. Soos wat die leerder presteer oor die jare neem die saldo toe en indien die leerder die dag matriek slaag, word daardie rekening aan hom/haar uitbetaal. Hierdie bedrag geld kan dien as hulpmiddel vir die persoon na skool, mag dit wees vir verdere onderrig of eie gebruik.

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om Alies hul keuse te maak, wat sal dit wees? Hoërskool Aliwal-Noord is ‘n skool wat standaarde handhaaf wat met stedelike skole kan kompeteer in sport, akademie en kultuur en terselfdertyd ‘n plattelandse ondervinding kan bied. By Alies het jy ‘n naam – jy is nie net ‘n nommer nie .

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Ons Fisiese Wetenskap onderwyser, Mnr H Loubser. Dit is nie ‘n straf om in sy klas te wees nie en indien ek eendag onderwys as my loopbaan wil kies, sal ek ‘n gesindheid soos syne graag wil ontwikkel.

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Bergfietsry as ‘n buiteskool sport en tennis as ‘n sport wat die skool bied.

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Seekos

Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek wil graag na skool ‘n graad in Siviele Ingenieurswese verwerf en daaruit ‘n lewe vir my self bou.

Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Die Universiteit van Stellenbosch.

Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? No matter what the circumstances, never give up on your dreams!

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal