)

Hoërskool Ermelo graad 12’s geniet Landbou-assessering

Foto bo: Die groep graad 12-leerders van Hoërskool Ermelo tydens die prakties

Hoërskool Ermelo se graad 12-Landboubestuur-leerders het hulle jaarlikse praktiese-assessering gaan doen by mnr. Johan Pretorius van Milestone Beefmasters. Die PAT-assessering is deel van die leerders se praktiese punte wat hulle moet akkumuleer deur die jaar.

Mnr. Johan Pretorius het die Erries met ope arms ontvang en baie inligting in verband met moderne boerdery en keuring van top diere met die leerders gedeel. Daarna het die leerders beeste gemerk, ingeënt, gedoseer, gehanteer, geëvalueer en in rangorde geplaas van goed na minder goed.

Baie dankie aan mnr. en me. Pretorius vir die gasvryheid en waardevolle inligting wat aan die leerders oorgedra is. EHS is opreg dankbaar vir die betrokkenheid by Hoërskool Ermelo.

Willie Harmse besig met sy praktiese werk
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal